TUIS

 
Die Bloemfontein Mannekoor het in Mei 2000 ontstaan toe 8 manne besluit het om ‘n Mannekoor te stig met Ansphi v.d. Walt as die Koorleidster. 

Die internasionale bekroonde pianis, Hans Potgieter het in Januarie 2009 by die koor aangesluit as begeleier.
Die Koor is ‘n Christelike, nie-winsgewende kultuurorganisasie.
Die Koor is onafhanklik en sonder enige politieke of kulturele affiliasie.
Die koor bevorder die uitvoerende kunste met die klem op koorsang   Ons streef om die uitvoerende kuns te bevorder met die klem op koorsang.

Die Koor het al etlike optredes in die Vrystaat en toere na die res van SA gehad.  Van die belangrikste produksies waarin hulle opgetree het, was “Songs of Praise”, “The Singing Christmas Tree”, “Christmas at the Opera” en “Bound for Broadway”.  Die Koor tree gereeld op tydens Eredienste in Kerke en Kerssangdienste.
 
Die Koor het al met onder meer Manuel Escorcio, Charl van Heyningen, Raoul Beukes, Sarah Theron, Andre Schwartz, Mathys Roets en Nataniël opgetree.

Die Koor het al met die Kaapse Walliese Mannekoor, Potchefstroom Mannekoor, Heidelberg Mannekoor, Bulftontein Mannekoor, George Mannekoor asook die Bloemfontein Kinderkoor opgetree.

    


Tuis . | . Die Koor . | . CD . | . Toere . | . Konserte . | . Foto Gallery . | . Kontak . | . English ...............© Copyright BFN Mannekoor 2009